Koetsier (sterrebeeld)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Koetsier
Auriga constellation map.png
Latynse naam Auriga
Genitief Aurigae
Afkorting Aur
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 6h
Deklinasie 40º
Grootte 657 vk. grade (21ste)
Kwadrant NQ1
Besonderhede
Hoofsterre 5, 8
Helderste ster Alpha Aurigae (Capella)
Naaste ster QY Aurigae
Sterre helderder as 3 m 4
Sterre met planete 6
Messier-voorwerpe 3
Bayer-/Flamsteed-sterre 65
Meteoorreëns Aurigids, Delta Aurigids
Aangrensende sterrebeelde
Kameelperd, Perseus, Bul, Tweeling, Rooikat
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Koetsier (Latyn: Auriga) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Die sterre van die konstellasie vorm die gepunte helm van ’n koetsier. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Ruimtevoorwerpe[wysig]

Die helderste ster in die Koetsier is Alpha Aurigae (Capella). Dit is 42 ligjare weg van die aarde en die sesde helderste ster in die sterrehemel. Capella is ’n spektroskopiese dubbelster wat bestaan uit twee geel reuse.[1]

Die galaktiese antisentrum (die punt regoor die middel van die Melkweg) is sowat 3,5° oos van die ster Beta Aurigae. Dié streek het dus baie minder sterre en is dowwer as die res van die stofstrook wat die spiraal-arms van die Melkweg vorm.[2] Omdat die Melkweg deur die Koetsier loop, het die sterrebeeld baie oop sterreswerms en ander voorwerpe. Die drie helderste swerms is Messier 36, Messier 37 en Messier 38; al drie kan met ’n verkyker of ’n teleskoop gesien word. [3]

Verwysings[wysig]

  1. (2001) Stars & Planets, 3de, Princeton, New Jersey: Princeton University Press. ISBN 0-691-08913-2. 
  2. Crossen, Craig; Rhemann, Gerald (2004). Sky vistas: astronomy for binoculars and richest-field telescopes. Springer, 177. ISBN 3-211-00851-9. 
  3. Pasachoff, Jay M. (2006). Stars and Planets, Kaarte deur Wil Tirion, 4de, New York City: Houghton Mifflin. ISBN 978-0-395-93432-6. 

Eksterne skakels[wysig]


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenice se HareBoogskutterBulCassiopeiaCepheusDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf