Son Doong

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Sơn Đoòng-grot (in Viëtnamees: Hang Sơn Đoòng, of Bergriviergrot[1]) is 'n massiewe grot wat as die grootste grot ter wêreld beskou word. Hierdie grot is in die Phong Nha-Ke Bang Nasionale Park in die provinsie Quang Binh in Viëtnam geleë, naby die die grens met Laos.[2]

Ondanks die grot se grootte is dit eers in 1991 ontdek en in 2009 aan die publiek bekend gestel. Die Son Doong-grot bestaan ​​uit 'n lang tonnel van meer as vier kilometer in lengte. Hierdie tonnel is op plekke tot 180 meter hoog en 90 meter breed.

Die Son Doong-rivier, 'n groot, vinnig vloeiende ondergrondse rivier loop deur die grot.

Verwysings[wysig]

  1. Dykes, Brett Michael. “Explorers discover spectacular caves in Vietnam”. Yahoo!. URL besoek op 5 January 2011.
  2. Quá kỳ vĩ Hang Sơn Đoòng

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: 17°32′13″N 106°9′5″O