Swarttobie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Swarttobie
Swarttobie te De Hoop, Suid-Afrika
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Charadriiformes
Familie: Haematopodidae
Genus: Haematopus
Spesie: H. moquini
Binomiale naam
Haematopus moquini
(Bonaparte, 1856)

Die Swarttobie (Haematopus moquini) (Engels: African Oystercatcher) is die tweede skaarste voël in Suid-Afrika. Die voël was ernstig bedreig, maar bevolkings herstel noudat voertuie nie meer toegelaat word om op Suid-Afrikaanse strande te ry nie. Die bedreiging was as gevolg van die feit dat die Swarttobie haar eiers lê op die strand en voertuie die eiers beskadig het. Die Mediterreense mossel is die hoofvoedsel van dié voël.

Trivia[wysig]

Phil Hockey, 'n welbekende Suid-Afrikaanse ornitoloog het sy doktorale verhandeling gedoen oor die Swarttobie.

Fotogalery[wysig]

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Swarttobie (kategorie)