Tabaré Vázquez

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tabaré Vázquez
Tabaré Vázquez

Tabaré Vázquez in 2007


President van Uruguay
Ampstermyn
1 Maart 2005 – 1 Maart 2010
Vise Rodolfo Nin
Voorafgegaan deur Jorge Batlle
Opgevolg deur José Mujica

Persoonlike besonderhede
Gebore 17 Januarie 1940 (1940-01-17) (74 jaar oud)
Montevideo, Uruguay
Politieke party Breë Front
Eggenoot/eggenote María Auxiliadora Delgado
Kind(ers) 4
Alma Mater Universidad de la República
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening Firmatabare.JPG

Tabaré Ramón Vázquez Rosas (* 17 Januarie 1940 in Montevideo) is 'n Uruguaanse politikus en het vanaf 1 Maart 2005 tot 1 Maart 2010 die amp van staatspresident beklee.

Tabaré Vázquez het aanvanklik 'n loopbaan as kankerspesialis gevolg en in 1971 by die Sosialistiese Party van Uruguay (Spaans: Partido Socialista del Uruguay) aangesluit. Hy het sedert 1990 as burgemeester van die hoofstad Montevideo gefungeer. In 1994 en 1999 is hy deur die Frente Amplio (letterlik "Breë Front", 'n alliansie van linksgesinde partye) as kandidaat vir die presidentskap benoem. In 1999 het hy 48 persent van die uitgebragte stemme op hom verenig.

By die verkiesings in Oktober 2004 het hy opnuut as presidensiële kandidaat gestaan en het met 50,45 persent van die uitgebragte stemme die tradisionele partye se kandidate, Jorge Larrañaga (Partido Nacional/Nasionale Party, 34,30 persent) en Guillermo Stirling (Partido Colorado, 10,36 persent) reeds in die eerste rondte verslaan. Sy oorwinning het 'n einde aan Uruguay se 180-jarige konserwatiewe regeringstydperk gemaak.

Vázquez beywer hom vir 'n sosiale welvaartstaat en die handhawing van goeie betrekkinge met die lidstate van die Suid-Amerikaanse Enkelmark Mercosur en die Verenigde State.

Eksterne skakels[wysig]