TopTV

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
TopTV
Tipe: Publiek
Gestig: 2007
Hoofkwartiere: Woodmead, (Suid-Afrika)
Area bedien: Suid-Afrika
Industrie: Telekommunikasie
Produkte: Satelliettelevisiediens
Webtuiste: www.toptv.co.za

TopTV is die tweede satelliet-TV-diens in Suid-Afrika, na MultiChoice se DStv. Dit het op 1 Mei 2010 begin met die uitsaai van 55 videokanale en 25 radiokanale. TopTV word besit deur On Digital Media, 'n nuwe speler in die Suid-Afrikaanse betaal-TV-mark waaraan 'n betaal-TV-uitsaailisensie in September 2007 deur ICASA toegestaan is. 20% daarvan word besit deur die TV-satellietoperateur SES Astra, wat ook die satellietinfrastruktuur besit waardeur TopTV uitgesaai word.

TopTV se diens is gemik op die LSM 6-9- demografiese groep in Suid-Afrika. Die TopTV-pakkette is dus gemik op die middelklas- en armer gemeenskappe wat dit nie kan bekostig om DStv aan te skaf nie.

Uitsaai en ontvangs[wysig]

TopTV-dienste word per satelliet uitgesaai deur gebruik te maak van die Astra 4A-satelliet op die 5° oos- orbitale posisie, sowel as drie van die ses 36 MHz-transponders op die "FSS Afrika"-bundelverskaffing wat dekking verskaf aan die hele Afrika-streek suid van die Sahara. Ontvangbare TopTV-dienste sal regoor Suid-Afrika beskikbaar wees op skottels van 60 cm of 80 cm in deursnee. Uitsendings vind plaas in die DVB-S2 MPEG-4- digitale TV-formaat. Vir die ontvangs daarvan is 'n dekodeerder nodig wat by plaaslike kleinhandelaars beskikbaar is.

Tariewe en pakkette[wysig]

Pakkette sluit in 'n basiese 20-kanaal-pakket vir R99 per maand. Die kanale sluit in TopOne, Top Gospel, MSNBC en Fox News. Die duurste pakket is die Premium-pakket wat alle TopTV-kanale insluit teen R249 per maand. Hierdie koste is gelyk aan DStv Compact, wat 35 kanale bied teen R219 per maand.

Lys kanale[wysig]

Verskeidenheid[wysig]

  • Top One - Algemene vermaakkanaal met dramareekse, kinderprogramme, rolprente, lewenstyl- en klassieke Suid-Afrikaanse TV-programme
  • ASTV - 'n Afrikaanse TV-kanaal wat plaaslik vervaardigde films, reekse, musiek en programme uitsaai
  • Top Gospel - Multi-Christelike lewenstylkanaal met kletsprogramme, musiekvideo's en rolprente
  • GOD TV - 'n wêreldwye mediabediening met jeugprogramme en Bybelonderrig
  • Christelike Kanaal (sal later bekend gestel word)
  • Inspiration - Internasionale Christennetwerk met programme van die VSA en Europa
  • Zee Cinema - Programme en rolprente vervaardig deur die Bollywood-rolprentbedryf (Indië)
  • Hi Nolly - Programme en rolprente vervaardig deur die Nollywood-rolprentbedryf (Nigerië)
  • MGM – Wys rolprente uit die Metro-Goldwyn-Mayer-argiewe
  • BBC World - 'n 24-uur- internasionale nuus- en inligtingskanaal van die Verenigde Koninkryk
  • Fox News - 'n 24-uur- internasionale nuus- en inligtingskanaal van die VSA
  • MSNBC - 'n 24-uur- internasionale nuus- en inligtingskanaal van die VSA
  • Al-Jazeera - 'n 24-uur- internasionale in-diepte-nuusdekkingskanaal
  • France 24 - 'n 24-uur- internasionale nuus- en inligtingskanaal uit 'n Franse perspektief
  • Current TV - Dek alles wat in die wêreld gebeur en nie deur die hoofstroomnuus gedek word nie
  • Setana Sports - Internasional sportkanaal
  • Eurosport News - Europese en internasionale sportnuus wat elke 30 minute bygewerk word
  • SABC1 - Gratis plaaslike kanaal wat fokus op Engels en Nguni-tale
  • SABC2 - Gratis plaaslike kanaal wat fokus op Engels, Afrikaans en SeSotho
  • SABC 3 - Gratis plaaslike kanaal wat fokus op Engels en meer onlangs Afrikaans
  • e.tv - Plaaslike en internasionale programme, insluitend rolprente en spesiale rolprentfeeste
  • Mindset Learn - Kanaal vervaardig deur 'n nie-winsgewende organisasie wat gesondheids- en opvoedkundige programme uitsaai wat gerig is op Suid-Afrikaanse laer- en hoërskoolleerders
  • RTPi – Portugees-gesentreerde kanaal
  • Fashion TV - Internasional kanaal wat fokus op mode, skoonheid, glans en styl
  • Fine Living Network - Leefstylkanaal met kook-, ontwerp-, dekor- en reisprogramme
  • Music Choice - 'n musiekverskaffer met 25 radiokanale

Kinders en Musiek[wysig]

  • Top Junior
  • Jim Jam
  • Baby TV - Kanaal vir babas en peuters met kort programme
  • KidsCo
  • Afro Music
  • Nigezie
  • FUEL TV – Ekstreme-sport-kanaal
  • Kiss
  • Kerrang! TV
  • Q TV
  • Magic
  • C Music
  • Classica

Vermaaklikheid en kennis[wysig]

  • Star! - Vermaaknuuskanaal
  • Fox Entertainment - Algemene vermaakkanaal, insluitende komedie, drama, wetenskapsfiksie, aksie, animasie en werklikheidsprogramme
  • Fox Retro – Gwilde programme van die 1970's, '80's en '90's
  • Natura - Dokumentêre kanaal wat fokus op die natuurlike geskiedenis
  • BET - Black Entertainment Television bied stedelik georiënteerde rolprente, reekse en werklikheidsprogramme, sowel as hoofstroom-rap en R&B-musiekvideos
  • Top History - Dokumentêre kanaal met 'n sterk fokus op Suid-Afrikaanse en Afrika-geskiedenis
  • Investigation Discovery - Programme oor misdaadondersoeke en misdaadverwante dokumentêre
  • Discovery Travel and Living
  • Discovery Science - Dokumentêre kanaal met wetenskap en tegnologie
  • Top Explore
  • Top Crime

Rolprente[wysig]

  • Silver - Onafhanklike rolprente van oor die wêreld
  • Showtime
  • Fox FX – Aksiekomedie-reekse
  • Top Movies – Premium-rolprentkanaal
  • Top Movies 2 - Uitsending van die Top Movies-kanaal waar tyd deur 2 uur aangeskuif is
  • Top Movies 24 - Uitsending van die Top Movies-kanaal waar tyd deur 2 uur aangeskuif is
  • Top Sport - Sal later bekend gestel word

Ander inhoud en kritiek[wysig]

Benewens hierdie kanale het TopTV 'n eksklusiewe handelsooreenkoms met vervaardigingsmaatskappye van oor die wêreld onderteken, insluitende Fox, Disney en Discovery. TopTV het ook sterk kritiek ontvang omdat hulle nie premium-sport aanbied nie, maar is van mening dat die meeste uitsaairegte van groot sport in Suid-Afrika reeds aan DStv behoort, maar dat TopTV wel in die toekoms meer sport sal uitsaai.

Sien ook[wysig]

  • DStv, MultiChoice se satelliet-TV-diens.

Eksterne skakels[wysig]