Tugelawaterval

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Tugelawaterval.

Die Tugelawaterval is 'n 948 m hoë waterval. Dit is naby die oorsprong van die Tugelarivier by Mont-aux-Sources, 'n piek van die Drakensberge, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is die tweede hoogste waterval in die wêreld. Die waterval is gemiddeld 15 m wyd met 'n volume van 1 m3/s. Tegnies bestaan die val uit vyf valle met die hoogste enkele val van 411 m. Die waterval is net te voet bereikbaar.[1]

Die hoogste waterval in die wêreld is die Angel Falls in Venezuela en is 979 m hoog.

Verwysings[wysig]