Vaalboskat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vaalboskat
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Carnivora
Familie: Felidae
Genus: Felis
Spesie: F. silvestris
Subspesie: F. s. lybica
Trinomiale naam
Felis silvestris lybica
Forster, 1770

Die vaalboskat of groukat (Felis silvestris lybica) is ‘n subspesie van F. silvestris. Dit lyk asof hulle ongeveer 131 000 jaar gelede afgestam het van ‘n ander subspesie.[1]‘n Sekere individu is ongeveer 10 000 jaar gelede mak gemaak in die Midde-Ooste. Hulle is die voorvaders van vandag se mak katte. 'n Mak kat saam met mens oorblyfsels gedateer 9500 jaar is in Siprus[2][3] ontdek.

Eienskappe[wysig]

Skedel

Die vaalboskat is vaalbruin tot geel of grys met swart strepe op die stert. Sommige het ligte strepe om die lyf. Hul het korter hare as die Europese subspesie en is heelwat kleiner. Die lengte van die kop en lyf is 45 tot 75 cm (17.7 tot 29.5 duim), die stert: 20 tot 38 cm (7.87 tot 15duim) en hul gewig 3 tot 6,5 kilogram (6,61 tot 14,3 pond).

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Driscoll, Carlos A.; Menotti-Raymond, Marilyn; Roca, Alfred L.; Hupe, Karsten; Johnson, Warren E.; Geffen, Eli; Harley, Eric H.; Delibes, Miguel et al. (1997), "The near eastern origin of cat domestication", Science 317: 519–523, doi:10.1126/science.1139518, PMID 17600185, http://www.sciencemag.org/cgi/content/abstract/1139518 .
  2. Kingdon, Jonathan (1988), East African Mammals: Carnivores, University of Chicago Press, ISBN 0-226-43721-3 .
  3. Wade, Nicholas (June 29, 2007), Study Traces Cat’s Ancestry to Middle East, New York Times, http://www.nytimes.com/2007/06/29/science/29cat.html, besoek op 19-Apr-2010 .

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Vaalboskat (kategorie)
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: