Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Suider-Afrikaanse soogdiere is in 15 ordes verdeelbaar. Hulle kom almal in die Suid-Afrikaanse subgebied voor. Hierdie soogdiere, veral die Groot Vyf, is 'n groot toeristeaantreklikheid in die streek, en sommige van die groot wild genereer ook inkomste op vendusies.

Die afdelings hieronder is in alfabetiese volgorde volgens wetenskaplike naam.

Artiodactyla (gelykhoewiges)[wysig]

'n Seekoei in sy element

Carnivora (vleisvreters)[wysig]

'n Wildehond in die Melbourne-dieretuin.

Cetacea (seesoogdiere)[wysig]

'n Boggelrugwalvis half uit sy element

Chiroptera (vlermuise)[wysig]

'n Vrugtevlermuis hang in sy element

Hyracoidea (dassies)[wysig]

'n Klipdassie op sy element

Insectivora (insekvreters)[wysig]

'n Skeerbekmuis te midde van sy element

Lagomorpha (haasvormiges)[wysig]

'n Haas uit sy element (Albrecht Durer, 1502)
  • Die orde word onderskei van ander soogdiere deur die pote wat ten volle met pels bedek is, en deur twee pare boonste voortande
  • Die haasspesies verskil van die konynspesies deurdat eersgenoemde
    • baie vinnig kan hardloop
    • se kleintjies gebore word ten volle pelsbedek en gereed om vinnig te beweeg
  • Daar is net een familie in Suider-Afrika:

Macroscelidae (klaasneuse)[wysig]

'n Klaasneus in sy element
  • Hierdie orde soogdier kom slegs in Afrika voor
  • Hul agterpote is baie langer as hul voorpote, met 'n baie groot agterpoot
  • Hulle het lang beweegbare snoete, en het sodoende die foutiewe Engelse beskrywingsnaam van olifantskeerbekmuis gekry
  • Hulle kleintjies word geweldig aktief gebore, ogies oop en aan die gang
  • Alhoewel hulle lyk na die muis, die rot, en die skeerbek, is hulle nie daaraan verwant nie
  • Daar is een familie in Suider-Afrika:

Perissodactyla (ongelykhoewiges)[wysig]

Hartmann se bergsebra nie in sy element nie.

Pholidota (gepantserde miereters)[wysig]

Ietermagô
  • Hierdie orde soogdiere het kenmerkende lang sterte en hulle liggame is bedek met horingagtige skubbe wat soos dakteëls oor die liggaam lê
  • Hulle het kenmerkende lang snoete
  • Hulle het lang, dun, taai tonge, waarmee hulle miere en termiete vang en vreet
  • Daar is net sewe oorlewende spesies in die wêreld
  • Daar is een familie in Suider Afrika:

Pinnipedia (vinpotiges)[wysig]

Kaapse pelsrobbe in hul element
  • Sommige kundiges voel dat hierdie diergroep nie 'n aparte orde moet wees nie, maar onder die vleisvretersorde tuishoort.
  • Daar is slegs een spesie rob wat aan die Kaap teel. Ander spesies duik dan en wan op as weglopers van sub-Antarktika af.
  • Daar is dus net een familie in Suider-Afrika:

Primates (primate)[wysig]

'n Nagaap op die mens se element

Proboscidea (slurpeters)[wysig]

Olifante in een van hul elemente
  • Daar is tans slegs twee spesies van hierdie orde in die wêreld oor
  • Albei se voortbestaan is op die spel, hoofsaaklik weens die groeiende wêreldbevolking wat op hul lewensruimte inbreuk maak
  • Suider-Afrika het slegs een spesie, onder die familie

Rodentia (knaagdiere)[wysig]

'n Eekhoring

Tubilidentata (buistandige)[wysig]

'n Erdvark
  • Daar is slegs een spesie van hierdie soogdierorde in die wêreld
  • Die erdvark is van die familie Orycteropodidae
  • Hierdie dier is oorspronklik in dieselfde orde geplaas as die miereter
  • In teenstelling met die miereterorde, het die erdvark wel tande, 20 in totaal
  • Die tande het nie emalje en word gebruik om die termiete wat gevreet is, te vergruis voordat die afgesluk word

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  • Smither's Mammals of Southern Africa. A field guide. Redakteur Peter Apps. Derde uitgawe, 2000.