Vlakplaas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Vlakplaas is 'n plaas wat as die hoofkwartier gedien het van 'n teeninsurgensie-eenheid van die Suid-Afrikaanse veiligheidspolisie tydens die Apartheidstydperk. Die eenheid is na die plaas vernoem. Die eenheid met die kodenaam C-10 is aangevoer deur Eugene de Kock. Vlakplaas is berug as 'n terrein vir en basis van waar talle teregstellings van politieke teenstanders van die voormalige Nasionale Party-regering plaasgevind het.

Vlakplaas is gebruik om askari's op te lei - ANC-guerrillas wat gevang is en tot pro-regering soldate omvorm is.[1][2]

Sien ook[wysig]

  • Dirk Coetzee (1945–2013), mede-stigter en bevelvoerder van die polisie-eenheid op Vlakplaas.

Verwysings[wysig]

  1. Nuremberg in South Africa, Besoek op 17 Februarie 2007
  2. BBC se webwerf

Eksterne skakel[wysig]