Vriende van Afrikaans
Vriende van Afrikaans is 'n nie-winsgewende organisasie wat in 1993 op Stellenbosch gestig is deur 'n groep mense onder leiding van wyle prof. Johan Combrink (1939 - 1999) om te werk vir die beskerming en behoud van Afrikaans in al sy vorme. Omdat 'n taal se bestaansreg gesetel is in sy sprekers, dien die Vriende van Afrikaans al sy sprekers en hulle ryk kultuurerfenis.
Hierdie organisasie het reeds met die hulp van lede 'n CD met Afrikaanse musiek (Ou Vriende), die Kuberwoordeboek (rekenaarterme), die komposisie van die eerste Afrikaanse simfonie (die Sinfonia africana van Hendrik Hofmeyr) en die Pieter van der Westhuizen Huldigingsbundel (koorwerke met bladmusiek) op sy kerfstok.
Die organisasie publiseer die nuusbrief getiteld Doendinge vir Afrikaans.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Gideon Joubert, 'n bestuurslid van die Vriende van Afrikaans.
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]- VVA Geargiveer 10 Julie 2017 op Wayback Machine