Walter Sisulu-nasionale botaniese tuin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die ontvangskantoor by die botaniese tuin
Muldersdrif se loop tuimel oor die Roodekrans.

Die Walter Sisulu-nasionale botaniese tuin (voorheen bekend as die Witwatersrand-nasionale botaniese tuin) is 'n 300 hektaar (3.0 km2)-groot botaniese reservaat in Roodepoort naby Johannesburg. Dit is amptelik in 1982 gestig, dus een van die jongste van Suid-Afrika se Nasionale botaniese tuine, maar die plek waar dit geleë is was vir baie dekades reeds gewild by besoekers. Die tuin is die tuiste van 'n bekende paar witkruisarende wat nes gemaak het in die Roodekransrif wat deur die reservaat sny. Die tuin het 'n restaurant, geskenkwinkel en kwekery wat Suid-Afrikaanse inheemse plante verkoop. Die tuin is ook bekend as een van die mooiste botaniese tuine in die wêreld, omrede dit 'n waterval insluit wat dig teenaan wye groen grasperke neertuimel. [1]

Lokus[wysig]

Walter Sisulu-nasionale botaniese tuin se toegangshek en parkeerterrein is geleë in Beaconweg, Poortview, Roodepoort. Koördinate: 26°5′19″S 27°50′36″O

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Verwysings[wysig]

  1. "Best Botanical Gardens: 13 Stunning Arboretums Around The World", 13 September 2012. URL besoek op 20 December 2012.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.