Weliki Oestjoeg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Weliki Oestjoeg
Великий Устюг
Die tuiste van Djed Moroz
Die tuiste van Djed Moroz
Vlag van Weliki Oestjoeg
Vlag
Wapen van Weliki Oestjoeg
Wapen
Die ligging van Wologda-oblast in Rusland
Die ligging van Wologda-oblast in Rusland
Ligging van Weliki Oestjoeg op 'n kaart (Wologda-oblast)
Weliki Oestjoeg
Weliki Oestjoeg
Die ligging van Wologda-oblast in Rusland
Koördinate: 60°46′0″N 46°18′0″O
Land Vlag van Rusland Rusland
Deelgebied Wologda-oblast
Stigting 1207
Stadstatus 1218
Regering
 - Tipe Stad-okroeg
Oppervlak
 - Stad 17 km²  (6,6 vk m)
Hoogte 70 m (230 vt)
Bevolking (2010)
 - Stad 31 664
 - Digtheid 1 863/km² (4 825,1/myl2)
Tydsone MEK (UTC+04:00)
Poskode 162390–162396
Skakelkode(s) 7 81738
Webwerf: movustug.ru

Weliki Oestjoeg (Russies: Великий Устюг) is ’n stad in die Russiese Wologda-oblast. Dit lê by die sameloop van die Soechona- en die Joeg-rivier. Inwonertal: 31 664 (2010-sensus).

Geskiedenis[wysig]

Sameloop van die Joeg (links) en die Soechona, waar hule die Noordelike Dwina vorm naby Weliki Oestjoeg

Die naam van die stad kom van die eerste nedersetting in die gebied, die kloosternedersetting by Gleden (Гледен), waar die Joeg-rivier ("Suidelike Rivier") in die Soechona invloei. Saam vorm hulle die Noordelike Dwina. Die naam Устюг is ’n samestelling van die Russiese woorde oestje (устье; riviermonding) en joeg (юг; suid). Weliki is die Russiese woord vir "groot" en is aan die einde van die 15de eeu by die naam gevoeg.

Tuiste van Djed Moroz[wysig]

In die woud by Weliki Oestjoeg is ’n wotsjina (вотчина; landgoed) met die amptelike woning van Djed Moroz (Дед Мороз; "Oupa Ryp"), die Russiese weergawe van Kersvader. In 1998 het die Moskouse burgemeester Joeri Luzjkof voorgestel dat Weliki Oestjoeg die amptelike tuiste van Djed Moroz word, pleks van die tradisionele Lapland [1]. ’n Spesiale maatskappy is vir dié doel gestig. Daar is ’n spesiale poskantoor vir briewe van kinders aan Djed Moroz wat reeds meer as 1,2 miljoen briewe beantwoord het. Daar is ook planne om ’n pretpark en museum te bou[2].

Galery[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Weliki Oestjoeg op die webtuiste "Klein dorpe van Rusland" (in Russies)
  2. Weliki Oestjoeg is die geboorteplek van Djed Moroz (in Russies)

Eksterne skakels[wysig]