Willem Bok

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Willem Eduard Bok
Willem Bok

Willem Eduard Bok


Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek
Ampstermyn
1880 – 1889
President Paul Kruger
Voorafgegaan deur Amp gestig
Opgevolg deur Willem Johannes Leyds

Persoonlike besonderhede
Geboorte 28 Junie 1846
Den Burg, Texel, Nederland
Sterfte 1 November 1904 (op 58)
Johannesburg, Transvaalkolonie
Eggenoot/eggenote Alice van Albany
Religie Nederduitse Gereformeerde Kerk

Willem Eduard Bok (Den Burg, Texel, Nederland, 28 Junie 1846Johannesburg, Transvaal, 1 November 1904) was 'n vriend en vertroueling van president Paul Kruger van die ZAR.

Hy is in 1846 in Holland gebore en vertrek in 1864 op die ouderdom van 20 na Engeland om in die tale te gaan studeer. Ná 'n kort loopbaan as handelaar kom hy op die ouderdom van 30 in die Zuid-Afrikaansche Republiek aan.

Hier bevriend hy president Paul Kruger en vergésel hom en die res van die Onafhanklikheidsafvaardiging na LondenGroot-Brittanje die land annekseer.

Later word hy sekretaris van die Nasionale Komitee en sluit hom aan by die redaksie van Die Volkstem. Ná die Slag van Majuba was hy staatsekretaris van 1884 tot 1888. Hy was ook klerk van die Volksraad en regeringskommissaris van die toe pas ontdekte Witwatersrandse goudveld. Die stad Boksburg aan die Oos-Rand is na hom genoem.

Sy neef Edward Bok was redakteur van die Ladies' Home Journal in die VSA.

Willem Bok is in 1904 in Johannesburg oorlede.

Bron[wysig]

  • Rosenthal, Eric, "Encyclopaedia of Southern Africa", Juta and Company Limited, Kaapstad, 1978.