Xiu Xiu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Xiu Xiu
Xiuxiu2.jpg
Xiu Xiu in 2006
Oorsprong San Jose, Kalifornië (VSA)
Genre(s) Kunsrock, eksperimentele rock, post-punk, indierock
Aktiewe jare 2000 — hede
Uitgewer(s) 5 Rue Christine, Absolutely Kosher, States Rights, Collective Jyrk
Webwerf xiuxiu.org
Lede Jamie Stewart
Ches Smith
Naseem Bazargan
Gewese lede Caralee McElroy
Cory McCulloch
Lauren Andrews
Sean McGahan
Yvonne Chen
Sam Mickens
Jherek Bischoff
Devin Hoff
Portal.svg Musiekportaal

Xiu Xiu (uitspraak: [ʃuː ʃuː], sjoe sjoe[1]) is 'n eksperimentele indiemusiekgroep gebaseer in Oakland, Kalifornië (VSA). Die groep is die breinkind van sanger-liedjieskrywer Jamie Stewart, die enigste konstante lid sedert die groep se totstandkoming. Die ander huidige lede is neef Caralee McElroy en perkussiespeler Ches Smith. Xiu Xiu word soms deur Cory McCulloch en Sean McGahan aangevul, wat ook verskeie van die groep se albums vervaardig het. Gewese lede sluit in Lauren Andrews, Yvonne Chen, Sam Mickens en Jherek Bischoff. Sommiges, insluitende McCulloch, het in gewese groepe saam met Stewart gespeel, waaronder Ten in the Swear Jar en IBOPA. Die groepsnaam is geneem van die 1998 Sjinese rolprent Xiu Xiu: The Sent Down Girl.[2]

Xiu Xiu se musiek trek hewig van verskeie onverwante genres, soos punk, geraas, ambience, techno, Asiatiese perkussiemusiek, kontemporêre klassieke musiek, en volksmusiek. Die meeste lirieke handel oor mishandeling, en ander sombere onderwerpe soos selfmoord, vigs, oorlog, en taboe ondervindinge. Die groep vermeng gereeld kakofoniese perkussie en eksperimentele strukture met ruige hoeke en divergerende liriese style, beïnvloed deur musiekgroepe van die VK se postpunk-toneel soos The Cure en Joy Division.

Verwysings[wysig]

  1. Moroz, Ross, "Xiu Xiu Ch-Boogie", Vue Weekly, 2005-06-16. URL besoek op 2008-02-01.
  2. Amazon.com: Xiu Xiu: MP3 Downloads”. URL besoek op 2008-02-01.

Eksterne skakels[wysig]

Verdere leesstof[wysig]