Ptolemeüs VI Philometer sterf aan sy verwondings in 'n slag naby Antiochië waar hy probeer het die Egiptiese mag oor Sirië te herstel.[1]
Aanvanklik volg Philometer se seun Ptolemeüs VII Neos Philopator, wat alreeds medekoning was, sy pa op, maar sy oom Ptolemeüs VIII keer uit ballingskap terug en dood die jong koning.[1]
Ptolemeüs VIII Physcon volg Ptolemeüs VII op.[2][1]
Alexander Balas wat in 152 v.C. die Seleukidiese troon oorgeneem het, word verslaan deur Demetrius II. Hy vlug maar word deur 'n Arabiese sjeik vermoor. [3]
↑ 1,01,11,2Historical Dictionary of Ancient Egypt, Deel 22 van Historical Dictionaries of Ancient Civilizations and Historical Eras, Morris L. Bierbrier, Scarecrow Press, 2008, ISBN 0-8108-6250-6, ISBN 978-0-8108-6250-0
↑ 2,02,1Historical Dictionary of Ancient and Medieval Nubia, Historical Dictionaries of Ancient Civilizations and Historical Eras, Richard A. Lobban Jr. Scarecrow Press, 2003, ISBN 0-8108-6578-5, ISBN 978-0-8108-6578-5