31ste eeu v.C.
Voorkoms
(Aangestuur vanaf 3017 v.C.)
Die 31ste eeu v.C. het geduur van 3100 tot 3001 v.C.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- Omstreeks 3100 v.C.: Narmer (Menes) verenig Bo- en Benede-Egipte as een land; hy regeer vanaf Memphis.
- Omstreeks 3100 v.C.: Voordinastiese tydperk (Neolitikum) eindig in Antieke Egipte (nog ’n datum is 3150 v.C.).
- Omstreeks 3100 v.C.: Vroegdinastiese Tydperk begin in Antieke Egipte (nog ’n datum is 3150 v.C.).
- Omstreeks 3100 v.C.: Die eerste Tempel van Tarxien is in gebruik deur die Neolitiese bewoners van Malta.
- Omstreeks 3100 v.C.: Eerste fase van die bouwerk aan Stonehenge.
- Omstreeks 3100 v.C. – 2600 v.C.: Skara Brae, Orkney-eilande, Skotland, word bewoon.
- Omstreeks 3100 v.C.: Die Anu Ziggurat en Wit Tempel in Uruk, Mesopotamië (hedendaagse Warka, Irak), word gebou.
- Omstreeks 3100 v.C.: Die mens se eerste skryfstelsel, wigskrif, word ontwikkel.
Belangrike mense
[wysig | wysig bron]- Koning Skerpioen, vermoedelik die laaste voordinastiese heerser van Antieke Bo-Egipte.
- Narmer, stigter van die 1ste Dinastie van Antieke Egipte.
- Hor-Aha en Djer, die tweede en derde farao's van Egipte se 1ste Dinastie.