3G

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

3G is die derde-generasie van sellulêre draadlose mobiele telekommunikasietegnologie. Dit is 'n opgradering tot 2.5G en 2.5G GPRS netwerke, welke 'n vinniger dataverplasings spoed bied.[1] Dit is gebaseer op 'n stel standaarde wat gebruik word vir mobiele toestelle en vir mobiele telekommunikasiedienste en -netwerke wat voldoen aan die Internasionale Mobiele Telekommunikasie-2000 (IMT-2000) spesifikasies wat deur die Internasionale Telekommunikasie Unie uitgereik is.

3G word gebruik in draadlose stem telefoonstelsels en vir mobiele internet -toegang, vaste draadlose internettoegang, video-oproepe en mobiele TV.[1]

3G-telekommunikasienetwerke ondersteun dienste wat 'n inligtingsoordragkoers van ten minste 144 kilogrepe per sekonde bied.[2][3][4]

Latere 3G-vrystellings, wat dikwels as 3.5G en 3.75G aangedui word, bied ook mobiele breëband toegang van verskeie megagrepe per sekonde vir slimfone en mobiele modems vir skootrekenaars. Dit verseker dat dit toegepas kan word op draadlose telefoontoestelle en vir mobiele internettoegang, vaste draadlose internettoegang, video-oproepe en mobiele TV-tegnologie.

'n Nuwe generasie van sellulêre standaarde het ongeveer elke tiende jaar sedert 1G-stelsels in 1979 en die vroeë tot middel-1980's bekendgestel is verskyn. Elke generasie word gekenmerk deur nuwe frekwensiebande, hoër datatempo's en nie-terugwaarts versoenbare oordragtegnologie. Die eerste kommersiële 3G-netwerke is in 2001 bekendgestel.[5][6][7][8]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 "All about the Technology". itu.int (in Engels). 4 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019. Besoek op 17 Augustus 2019.
  2. "3G CELLULAR STANDARDS WITH PATENTS". projectsatbangalore.com (in Engels). 2014-06-24. Besoek op 2019-08-17.
  3. "Factors that are contributing to death of 3G in India". businesstoday.in (in Engels). 5 Julie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2019. Besoek op 17 Augustus 2019.
  4. "3G vs. 4G: What's the Difference?". PCMAG (in Engels). 10 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2019. Besoek op 17 Augustus 2019.
  5. Charny, Ben (1 Oktober 2001). "World's first 3G phone network goes live". ZDNet (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2015. Besoek op 16 Augustus 2019.
  6. McCarthy, Kieren (2001-10-01). "World's first 3G network live today". theregister.co.uk (in Engels). Besoek op 2019-08-16.
  7. "THE EVOLUTION TO 3G MOBILE — STATUS REPORT". itu.int (in Engels). 29 Julie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2019. Besoek op 16 Augustus 2019.
  8. "First 3G mobiles launched in Japan" (in Engels). 1 Oktober 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 16 Augustus 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]