Gaan na inhoud

Ottomaanse Kalifaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Naudefj (besprekings | bydraes) op 14:31, 29 November 2015 (Opruim)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Die Ottomaanse Ryk in 1683.

Die Ottomaanse Kalifaat onder die Huis van Osman van die Ottomaanse Ryk het die verantwoordelikheid van die kalifaat geërf van die Mamelukke van Egipte.

Tydens die groeitydperk van die Ottomaanse ryk het die Ottomaanse sultan Selim I die posisie van kalief, die hoof van ’n kalifaat, opgeëis. Die verval van die Ottomaanse Ryk weens die vermindering van sy mag en grondgebied het daartoe gelei dat eers die sultanaat tydens die bewind van Mehmet VI en daarna die kalifaat onder leiding van Abdülmecid II afgeskaf is ná die stigting van die Republiek van Turkye.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia