Gaan na inhoud

Waterhalfrond

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur KabouterBot (besprekings | bydraes) op 22:18, 15 Januarie 2019 (thumb → duimnael)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Die Aarde se waterhalfrond.

Die waterhalfrond is die halfrond van 'n liggaam (soos die Aarde) wat die grootste wateroppervlak bevat.

Die Aarde

[wysig | wysig bron]

Die middelpunt van die Aarde se waterhalfrond lê in die Stille Oseaan by Nieu-Seeland op die punt 47°13′SB, 178°28′OL. Behalwe 'n groot deel van die Stille, Indiese en Suidelike Oseane bevat dit ook die kontinente Australië en Antarktika en klein gedeeltes van Suid-Amerika en Asië. Teenoor die waterhalfrond lê die landhalfrond, waarvan die middelpunt naby die Franse stad Nantes lê.

Die waterhalfrond bevat 89% wateroppervlak en 11% landoppervlak. Wêreldwyd is dit 71% water en 29% land.