Gaan na inhoud

Neville Lewis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Pynappel (besprekings | bydraes) op 11:22, 2 Januarie 2021 (Bron: {{Ensiklopedie van suidelike Afrika}})
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Alfred Neville Lewis (1895-1972) was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Hy is op 8 Oktober 1895 in Kaapstad gebore en ontvang opleiding aan die Suid-Afrikaanse Kollege en in Londen. Hy word een van die land se mees vooraanstaande portretskilders. Persone wat vir hom geposeer het, sluit in Alphonso XII, koning van Spanje, sir Winston Churchill, die Graaf van Athlone, generaal Jan Smuts, veldmaarskalk lord Montgomery, veldmaarskalk lord Alexander en vele ander. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy aan die front as amptelike kunstenaar diens gedoen.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.