Gaan na inhoud

Modeweek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur InternetArchiveBot (besprekings | bydraes) op 03:41, 17 Augustus 2021 (Rescuing 1 sources and tagging 0 as dead.) #IABot (v2.0.8)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Karmen Pedaru wat modelwerk doen vir Michael Kors by die Lente/Somer New York Modeweek 2013.

'n Modeweek is 'n geleentheid in die modebedryf wat ongeveer een week duur en waar modeontwerpers, handelsmerke of "huise" hul nuutste versamelings vertoon in modevertonings aan kopers en die media. Hierdie geleenthede beïnvloed tendense vir die huidige en komende seisoene.

Die mees prominente modeweke word in die "modehoofstede" van die wêreld gehou: New York, Londen, Milaan, en Parys, oftewel die "Groot Vier", wat die meeste persdekking ontvang.

Namate die modetoneel meer multipolêr word in die 21ste eeu, bied ander sentrums soos Shanghai, Hong Kong, Sydney, São Paulo, Beijing, Singapore, Seoul, Berlyn, Doebai, Los Angeles, Madrid, Monaco, Rome, Taipei, Vancouver, Kopenhagen, Toronto, Johannesburg en Tokio ook modeweke aan.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "The big four fashion capitals of the world". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2014. Besoek op 29 Oktober 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]