Gaan na inhoud

Abell 70

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Abell 70
Soos gesien van die Mount Lemmon-sterrewag.
Soos gesien van die Mount Lemmon-sterrewag.
Soort newel Planetêre newel
Sterrebeeld Arend
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 20h 31m 33.2s
Deklinasie -07° 05′ 17″
Ander name
PK 038-25.1, PN G038.1-25.4
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Abell 70 is 'n effens lang planetêre newel sowat 13 500 - 17 500 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Arend. Dit beweeg teen 79 km/s na die Aarde en sit uit teen 38 km/s. Agter Abell 70 lê 'n sterrestelsel met die naam PMN J2033-0656 wat dit soos 'n "diamantring" laat lyk.[1]

Samestelling

[wysig | wysig bron]

Die dowwe OIII-ringstruktuur kan deur 'n teleskoop gesien word.[2] Die newel se sentrale ster is 'n dubbelster, wat uit 'n warm witdwerg en 'n G-tipe subreusester bestaan.[3]

Sterrestelsel

[wysig | wysig bron]

PMN J2033-0656 is 'n radiosterrestelsel wat van die kant af gesien word. Sy posisie gee Abell 70 'n diamantringagtige voorkoms aan sy noordekant.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Anne's Image of the Day: Planetary Nebula Abell 70". Anne's Astronomy News. 30 November 2013. Besoek op 17 Februarie 2014.
  2. Gottlieb, Steve (16 Augustus 2001). "Best Abell Planetaries: Summer". Astronomy-Mall. Besoek op 27 Oktober 2018.
  3. Jones, David; Boffin, Henri M J.; Brown, Alex J.; Zak, Jiri; Hume, George; Munday, James; Miszalski, Brent (2022). "A detailed study of the barium central star of the planetary nebula Abell 70". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 516 (4): 4833–4843. arXiv:2208.14778. Bibcode:2022MNRAS.516.4833J. doi:10.1093/mnras/stac2501.

Skakels

[wysig | wysig bron]