Antlia-sterrestelselswerm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Abell S0636)
Jump to navigation Jump to search
Antlia
Soort Sterrestelselswerm
Sterrebeeld Lugpomp
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 10h 30m 03,5s
Deklinasie -35° 19′ 24″
Afstand (ligjaar) 132,7
Rooiverskuiwing 0,0087
Aantal stelsels 254
Bindingsmassa ~3,3×1014 M
Ander name
Abell S0636
Portaal Portaalicoon Sterrekunde

Die Antlia-sterrestelselswerm (of Abell S0636) is ’n sterrestelselswerm in die Hydra-Centaurus-superswerm. Dit is die derde naaste swerm aan ons Lokale Groep naas die Virgo- en die Fornax-swerm.[1]

Die swerm is sowat 132,7 miljoen ligjare (40,7 miljoen parsek) van ons af en kan van die Aarde af gesien word in die sterrebeeld Lugpomp.[2][3] Dit het nie een dominante sterrestelsel nie,[4] maar word oorheers deur twee massiewe elliptiese stelsels, NGC 3268 en NGC 3258. Daar is altesaam sowat 254 stelsels. Die swerm is baie dig in vergelyking met ander stelsels soos Virgo en Fornax. Dit bevat vroeë-tipe-stelsels en ’n groot aantal elliptiese dwergsterrestelsels.[2][3] Daar is twee subgroepe, die Noordelike Subgroep om NGC 3268 en die Suidelike Subgroep om NGC 3258.[2]

’n Paar van die stelsels in die Antlia-swerm is NGC 3267, NGC 3568, NGC 3258, NGC 3269, NGC 3271,[5][1] NGC 3258A, NGC 3258B, NGC 3260, NGC 3267, NGC 3268, NGC 3273.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 (June 2008) “Galaxy populations in the Antlia cluster – I. Photometric properties of early-type galaxies”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 386 (4): 2311–2322. doi:10.1111/j.1365-2966.2008.13211.x. Besoek op March 4, 2012.
  2. 2,0 2,1 2,2 (September 2003) “The globular cluster systems of NGC 3258 and NGC 3268 in the Antlia cluster”. Astronomy and Astrophysics 408: 929–939. doi:10.1051/0004-6361:20031027. Besoek op 3 Maart 2012.
  3. 3,0 3,1 Smith Castelli, A. V.; Bassino, L. P.; Cellone, S. A.; Richtler, T.; Dirsch, B.; Infante, L.; Aruta, C.; Gómez, M. (Desember 2005). "Dwarf Galaxies in the Antlia Cluster: First Results" in Proceedings of the ESO Workshop. I. Saviane, V.D. Ivanov, J. Borissova Groups of Galaxies in the Nearby Universe Eso Astrophysics Symposia, Springer-Verlag (2007). Besoek op 4 Maart 2012. 
  4. (Julie 1974) “Radio emission associated with the brightest galaxies in clusters”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 168: 15–20. A&AA ID: AAA012.160.002. Besoek op 4 Maart 2012.
  5. (Augustus 2000) “ASCA Observations of a Near-by Cluster in Antlia”. Publications of the Astronomical Society of Japan 52: 623–630. Besoek op 4 Maart 2012.

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

  • Burnham jr., Robert (1978) Burham's Celestial Handbook Hersiene uitg. vol. 1 van 3. Dover Publications. New York ISBN 0-486-24063-0

Koördinate: Sky map 10h 30m 03.5s, −35° 19′ 24″