Ligjaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die deursnee van die Andromeda-nebula is 140 000 ligjare.

’n Ligjaar is ’n afstandseenheid wat gelyk is aan net minder as 10 biljoen[1] kilometer. Dit is die afstand wat lig in ’n vakuum aflê in een Juliaanse jaar (365,25 dae of 31 557 600 sekondes).[2] Dit word dikwels gebruik om die afstand van hemelliggame uit te druk, veral in nie-wetenskaplike publikasies. Die eenheid wat deur wetenskaplikes verkies word, is parsek (sowat 3,26 ligjare).

1 ligjaar =

Verwante eenhede[wysig]

Ander lengte-eenhede kan op dieselfde manier gevorm word. ’n Ligsekonde word dikwels in sterrekunde en telekommunikasie gebruik; dit is presies 299 792 458 meter of 131 557 600 van ’n ligjaar. Ook ligminuut, liguur, ligdag en ligmaand word soms gebruik. Laasgenoemde is rofweg ’n twaalfde van ’n ligjaar.[4][5]

Verwysings[wysig]

  1. Biljoen=1012
  2. The IAU and astronomical units, International Astronomical Union, http://www.iau.org/public_press/themes/measuring/, besoek op 2008-07-05 
  3. Die spoed van lig is 299 792 458 ~ 3×108 m/s. Dus, die afstand wat lig in een jaar kan aflê is: 299 792 458 m/s × 3600 s/h × 24 h/dag × 365.25 dae/jaar = 9 460 730 472 580 800 meter
  4. Fujisawa, K.; Inoue, M.; Kobayashi, H.; Murata, Y.; Wajima, K.; Kameno, S.; Edwards, P.G.; Hirabayashi, H.; Morimoto, M. (2000), "Large Angle Bending of the Light-Month Jet in Centaurus A", Publ. Astron. Soc. Jpn. 52 (6): 1021–26, http://sciencelinks.jp/j-east/article/200123/000020012301A0179284.php 
  5. Junor, W.; Biretta, J.A. (1994), "The Inner Light-Month of the M87 Jet", in Zensus, J. Anton; Kellermann; Kenneth I., Compact Extragalactic Radio Sources, Proceedings of the NRAO workshop held at Socorro, New Mexico, February 11–12, 1994, Green Bank, WV: National Radio Astronomy Observatory (NRAO), p. 97