Adam Dollard des Ormeaux

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Adam Dollard des Ormeaux
Statue Dollard des Ormeaux, parc Lafontaine, Montréal 2005-08-29.jpg
Die standbeeld van Adam Dollard des Ormeaux in Montreal se Lafontaine-park
Gebore23 Julie 1635
Ormeaux, Brie, Frankryk
Sterf25 Mei 1660
Carillon, Nieu-Frankryk
Bekend virSlag van Long Sault

Adam Dollard, sieur des Ormeaux (Dollard des Ormeaux; in sy doodsertifikaat word sy naam Daulat gespel, terwyl ook spellings soos Daulac voorkom) (23 Julie 1635 - 25 Mei 1660) was die kommandant van die fort in Ville-Marie (die huidige Montreal), Nieu-Frankryk. Hy het op die ouderdom van 22 jaar na Nieu-Frankryk gekom en is deur Maisonneuve in diens geneem.

In die lente van 1660 het hy saam met 16 metgeselle 'n klein fort naby die Long Sault-stroomversnellings teen 'n groot leër van die Irokesestam verdedig. Sowat 'n week later het hulle gesneuwel toe kruit in die fort ontplof het.[1]

19de eeuse geskiedkundiges het die slag tussen Irokese en Franse setlaars uitgebeeld as 'n godsdienstige en nasionalistiese heldedig waarin Rooms-Katolieke hulself opsetlik opgeoffer het om 'n aanval op die kolonie Nieu-Frankryk af te weer.[2] Adam Dollard word as een van die "helde van Nieu-Frankryk" vereer, aangesien sy weerstand moontlik 'n beplande Irokese aanval op die kolonie Nieu-Frankryk vertraag het. Dollard-Des Ormeaux, 'n stad in die metropolitaanse gebied van Montreal met 48 000 inwoners, is na Adam Dollard vernoem.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. The Canadian Encyclopedia: Adam Dollard des Ormeaux. Besoek op 25 Augustus 2020
  2. The Canadian Encyclopedia. Year 2000 Edition. Toronto: McClelland & Stewart 1999, bl. 678
  3. The Canadian Encyclopedia (1999), bl. 678