Gaan na inhoud

Administrasiegebou UP

Koördinate: 25°45′20″S 28°13′33″O / 25.755463°S 28.225953°O / -25.755463; 28.225953
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Administrasiegebou (Die Skip) van die Universiteit van Pretoria.

Die Administrasiegebou op die Universiteit van Pretoria se Hatfieldkampus is deur UP-alumnus Brian Sandrock ontwerp. Hierdie treffende driehoek-gebaseerde gebou is in 1968 voltooi. Teen 1973 was bykomende kantoorruimte benodig en Sandrock het opdrag gekry om ’n vleuel aan die oostekant van die gebou te ontwerp. Konstruksie van die vleuel het in 1979 begin en is in 1986 voltooi.

Die gebou dra kenmerke van Neo-Brutalisme en is in die vorm van ’n skip – vandaar die studentebenaming van Die Skip. Die noordwestelike fasade van die gebou het 'n ingewikkelde muurreliëf wat tekstuur aan die betonmuur verleen. Sandrock het opgemerk dat daar geen simbolisme in dié ontwerp was nie, maar dat dit slegs die resultaat van sy gewerskaf met gebrande gips was, terwyl hy laatnag aan die model van die gebou gewerk het.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

25°45′20″S 28°13′33″O / 25.755463°S 28.225953°O / -25.755463; 28.225953