Aldi
Aldi Nord/Aldi Süd | |
Tipe | Aldi Nord: GmbH & Co. oHG Aldi Süd: GmbH & Co. oHG Streeksfiliale: GmbH & Co. KG (Duitsland), AG (Switserland) |
---|---|
Gestig | 1913 (vanaf 1962 bekend as ALDI) |
Hoofkantoor | Essen (Aldi Nord) Mülheim an der Ruhr (Aldi Süd), Duitsland |
Industrie | Voedselhandel |
Inkomste | €9,95 miljard[1] (Aldi Nord) €12,5 miljard[1] (Aldi Süd) €52,8 miljard[1] (Aldi-Groep totaal, wêreldwyd) |
Netto inkomste | €295 miljoen[1] (Aldi Nord) €460 miljoen[1] (Aldi Süd) |
Webwerf | aldi.com |
Aldi ('n afkorting van Albrecht-Discount, "Albrecht-afslagwinkel") is 'n Duitse supermarkketting wat in 1946 in Mülheim an der Ruhr in die deelstaat Noordryn-Wesfale deur die broers Karl (1920–2014) en Theo Albrecht (1922–2010) gestig is (alhoewel die onderneming se oorspronge terugstrek tot 1913).. Die onderneming is later opgedeel in Aldi Nord (bestuur deur Theo) en Aldi Süd (bestuur deur Karl). Buitelandse dogtermaatskappye het in Europa en oorsee (Verenigde State en Australië) ontstaan.
Aldi het sy groot sukses in die kleinhandelsbedryf aan sy innoverende konsep te danke – met 'n beperkte verskeidenheid wat hoofsaaklik uit generiese produkte van hoë gehalte bestaan en wat gewoonlik sowat die helfte minder kos as vergelykbare handelsmerke, eenvoudig toegeruste winkels, 'n voortdurend geoptimeerde logistiek en 'n weeklikse aanbod van nie-voedselprodukte soos tekstiele, elektroniese verbruikersware en ander teen lae pryse.
Aldi in die Verenigde State
[wysig | wysig bron]In die Verenigde State doen Aldi Nord sake onder die naam Trader Joe's.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 (de) Aldi-Bilanz 2010: Gewinnsprung im Norden, mediatribune.de, 26. Junie 2012.
- ↑ worldemand.com, 19 April 2020: Here Are 25 Things That You Did Not Know About Aldi. Besoek op 7 Junie 2020
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aldi.