Alexandre Gustave Eiffel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gustave Eiffel
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Eiffel in 1888

Geboortenaam Alexandre Gustave Bönickhausen[1][2]
Gebore 15 Desember 1832
Dijon, Côte-d'Or, Frankryk
Oorlede 27 Desember 1923
Parys, Frankryk
Nasionaliteit Frankryk
Ouers Alexandre en Catherine Eiffel
Beroep Ingenieur
Huweliksmaat Marie Gaudelet (1845–1877)
Kind(ers) 3 dogters, 2 seuns
Gustave Eiffel signature.svg

Alexandre Gustave Eiffel (15 Desember 183227 Desember 1923) was 'n Franse strukturele en lugvaart ingenieur. Hy is gebore in Dijon. Hy behaal sy graad met lof aan die École Centrale des Arts et Manufactures. Hy was aanvanklik geïnteresseerd in strukturele ingenieurswese en voltooi die spoorwegbrug oor die Garonnerivier in Bordeaux. In 1889 voltooi hy die Eiffel-toring. Dit was vir jare die hoogste mensgemaakte struktuur op aarde. Daarna doen hy studies oor die weer en publiseer 'n aantal dokumente. Hy vestig sy aandag op lugvaart en in 1908 open hy die eerste moderne aërodinamiese laboratorium in Parys. Hy open 'n nuwe laboratorium in 1912 in Auteuil wat oor nuwe, verbeterde toerusting en windtonnels met hoër snelhede beskik. Hy publiseer verskeie boeke tussen 1907 en 1909 oor aërodinamika. Sy bekendste boek is Resistance of the Air and Aviation. Hierdie boek was vertaal na Engels deur die Amerikaanse kommandeur Jerome C. Hunsaker in 1913. Hy skenk sy laboratorium aan die Franse regering in 1920.

Ontwerpe deur Eiffel[wysig | wysig bron]

Die Eiffel-toring

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Collier's Encyclodedia, Crowell-Collier Educational Corporation Vol. 8, bladsy 677
  1. État-civil de la Côte-d'Or, Dijon, Registres d'état civil 1832, p. 249
  2. Harvie 2006 p.1

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]