Alnair

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Alnair
Emoji u2b55.svg
Alnair se ligging (in die rooi sirkel).
Alnair se ligging (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Kraanvoël
Bayer-naam Alpha Gruis
Spektraaltipe B6 V[1]
Soort Hoofreeksster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 22h 08m 13.98473s[2]
Deklinasie -46° 57′ 39.5078″[2]
Skynmagnitude (m) 1,74[3]
Absolute magnitude (M) -0,72[4]
B-V-kleurindeks  -0.13[3]
U-B-kleurindeks  -0,47[3]
Besonderhede
Massa (M) 4[5]
Radius (R) 3,4[6]
Ligsterkte (L) 520[7]
Ouderdom (jaar) 100 miljoen[8]
Temperatuur (K) 13 920[9]
Rotasiespoed (km/s) 215[10]
Metaalinhoud [Fe/H] -0,13 ± 0,02[11]
Ander name
Al Na'ir, CD−47°14063, FK5 829, GCTP 5339.00, Gl 848.2, HD 209952, HIP 109268, HR 8425, SAO 230992[12]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Alnair (ook bekend as Alpha Gruis of α Gru) is ’n ster in die suidelike sterrebeeld Kraanvoël (Grus). Met ’n skynbare magnitude van 1,7 is dit die helderste ster in die sterrebeeld en een van die helderste sterre aan die naghemel. Dit is ’n B-tipe hoofreeksster sowat 101 ligjare van die Son af.

Naam[wysig | wysig bron]

Die ster se Bayer-naam is "Alpha Gruis". Sy tradisionele naam is "Alnair" of "Al Nair" (soms "Al Na'ir" gespel),[13] van die Arabiese al-nayyir, "die helder een", wat weer verkort is van sy Arabiese naam, al-nayyir min dhanab al-ḥūt (al-janūbiyy), "die helder een van die (suidelike) vis se stert".[14] Op 21 Augustus 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[15] die amptelike naam Alnair aan die ster toegeken.[16]

Alpha Gruis behoort saam met Beta Gruis, Delta Gruis, Theta Gruis, Iota Gruis en Lambda Gruis in die tradisionele Arabiese sterrekunde tot die sterrebeeld Suidelike Vis.[17]

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Alnair het ’n sterreklassifikasie van B6 V,[1] hoewel dit in sommige bronne aangegee word as B7 IV.[18] Die eerste klassifikasie dui aan dit is ’n B-tipe hoofreeksster, wat waterstof in sy kern verbrand. Die ligsterkteklas IV van die tweede klassifikasie dui egter aan dat die ster ’n subreus is, wat beteken die vooraad waterstof in sy kern raak uitgeput en die ster begin weg van die hoofreeks af evolueer.

Alnair se radius is 3,4 sonradiusse.[19] Dit roteer vinnig, teen sowat 215 km/s.[10] Sy massa is omtrent 4 sonmassas en sy ligsterkte is sowat 520 keer dié van die Son.[7] Sy oppervlaktemperatuur is 13 920 K[9] en dit het sowat 74% van die metaalinhoud van die Son (elemente swaarder as waterstof en helium).[11]

Volgens sy geraamde ouderdom en beweging kan dit lid van die AB Doradus-groep sterre wees wat saam deur die lug beweeg. Dié groep is sowat 70 miljoen jaar oud,[20] wat ooreenstem met Alnair se geraamde ouderdom van 100 miljoen jaar.[8]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (Julie 2006) “Contributions to the Nearby Stars (NStars) Project: spectroscopy of stars earlier than M0 within 40 pc-The Southern Sample”. The Astronomical Journal 132 (1): 161–170. doi:10.1086/504637.
  2. 2,0 2,1 van Leeuwen, F. (November 2007). “Validation of the new Hipparcos reduction”. Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664. doi:10.1051/0004-6361:20078357.
  3. 3,0 3,1 3,2 Hoffleit, D.; Warren, W. H. jr. "HR 8425, databasis". The Bright Star Catalogue (5de hersiene uitg.). Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Besoek op 5 September 2015.
  4. (2012) “XHIP: An extended hipparcos compilation”. Astronomy Letters 38 (5): 331. doi:10.1134/S1063773712050015.
  5. (November 1990) “Accurate absolute luminosities, effective temperatures, radii, masses and surface gravities for a selected sample of field stars”. Astronomy and Astrophysics Supplement Series 85 (3): 1015–1019.
  6. (Februarie 2005) “CHARM2: An updated Catalog of High Angular Resolution Measurements”. Astronomy and Astrophysics 431 (2): 773–777. doi:10.1051/0004-6361:20042039.
  7. 7,0 7,1 (Junie 2012) “The Sizes of the Nearest Young Stars”. The Astronomical Journal 143 (6): 134. doi:10.1088/0004-6256/143/6/134.
  8. 8,0 8,1 (Desember 2006) “Debris Disk Evolution around A Stars”. The Astrophysical Journal 653 (1): 675–689. doi:10.1086/508649.
  9. 9,0 9,1 (Julie 2009) “Fundamental parameters of B supergiants from the BCD system. I. Calibration of the (λ_1, D) parameters into Teff”. Astronomy and Astrophysics 501 (1): 297–320. doi:10.1051/0004-6361/200811147.
  10. 10,0 10,1 (Maart 1981) “Photoelectric scanner measurements of Balmer emission line profiles for southern Be stars. II - A survey for variations”. Astronomy and Astrophysics Supplement Series 43: 427–453.
  11. 11,0 11,1 (Junie 2003) “Metallicities of the SPB stars from the IUE ultraviolet spectra”. Astronomy and Astrophysics 404 (2): 689–700. doi:10.1051/0004-6361:20030546.. "The fractional abundance relative to the Sun is given by:
    10−0.13 = 0.74, or 74%."
  12. "LTT 8869 -- High proper-motion Star". SIMBAD. Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Besoek op 2011-12-24.
  13. Bowditch, LL.D., Nathaniel (2002) [1802]. "15: Navigational Astronomy" (PDF). The American Practical Navigator: An Epitome of Navigation. Bethesda, MD: National Imagery and Mapping Agency. p. 248. ISBN 978-0-939837-54-0. Besoek op 2016-09-20.
  14. Kunitzsch, P.; Smart, T. (2006). A Dictionary of Modern star Names: A Short Guide to 254 Star Names and Their Derivations (2nd uitg.). Cambridge, Massachusetts: Sky Publishing. p. 39. ISBN 978-1-931559-44-7.
  15. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named WGSN
  16. "IAU Catalog of Star Names". Besoek op 28 Julie 2016.
  17. Allen, Richard H. (1963). Star Names: Their Lore and Meaning (herdruk uitg.). New York, NY: Dover Publications Inc. p. 237. ISBN 978-0-486-21079-7.
  18. (September 2008) “A catalogue of multiplicity among bright stellar systems”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 389 (2): 869–879. doi:10.1111/j.1365-2966.2008.13596.x.
  19. Lang, Kenneth R. (2006). Astrophysical formulae. Astronomy and astrophysics library. 1 (3rd uitg.). Birkhäuser. ISBN 978-3-540-29692-8.. "The radius (R*) is given by:
    "
  20. (Mei 2011) “The Tucana/Horologium, Columba, AB Doradus, and Argus Associations: New Members and Dusty Debris Disks”. The Astrophysical Journal 732 (2). doi:10.1088/0004-637X/732/2/61.
Verwysingfout: <ref> tag defined in <references> has no name attribute.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]