Android
Android | |
Android 14
| |
Ontwikkelaar | Google Open Handset Alliance |
---|---|
Aanvanklike vrystelling | 23 September 2008[1] |
Nuutste weergawe | 11/ 8 September 2020 |
Nuutste betaweergawe | Android 11 Beta 3[2]/ 6 Augustus 2020 |
Programmeertaal | C (core), C++, Java (UI)[3] |
Platform | 32-bit en 64-bit ARM, MIPS,[4] x86,[5] x86-64 |
Beskikbaar in | Veeltalig (100+ tale, insluitende Afrikaans) |
Lisensie | Apache License 2.0 gemodifiseerde Linux kernel onder GNU GPL v2[6] |
Webblad | www.android.com |
Android [ˈændɹɔɪd] is 'n oopbron-bedryfstelsel en sagteware-platform vir mobiele toestelle soos slimfone, selfone, mediaspelers, netboeke en tabletrekenaars wat deur die Open Handset Alliance ontwikkel word, 'n konsortium van 84 ondernemings uit die inligtingstegnologie- en telekommunikasiebedryf wat belangstelling het in die bevordering van oop standaarde vir mobiele toestelle en wat deur die Amerikaanse maatskappy Google in die lewe geroep is.[7][8] Android is die geesteskind van Andy Rubin, eienaar van die IT-maatskappy Android Inc wat in 2005 deur Google uitgekoop is.
Die Android-bedryfstelsel is gebaseer op Linux en dit word vrygestel onder die Apache-lisensie. Die vervaardigers van selfone wat van Android gebruik maak, is onder andere Motorola, HTC, Huawei, Samsung en LG.
Android was tot kort voor die openbare bekendstelling op 5 November 2007 bekend as die gPhone. Dié bekendstelling het gepaard gegaan met die stigting van die Open Handset Alliance.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Announcing the Android 1.0 SDK, release 1" (in Engels). 9 September 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2016. Besoek op 5 Desember 2014.
- ↑ PressReader.com - Die Burger, 17 Junie 2020: Android 11 nou hier - maar nog net vir dié fone. Besoek op 19 Julie 2020
- ↑ (en) "Android Code Analysis". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 5 Desember 2014.
- ↑ (en) "MIPS gets sweet with Honeycomb". Eetimes.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2012. Besoek op 5 Desember 2014.
- ↑ Shah, Agam (1 Desember 2011). "Google's Android 4.0 ported to x86 processors". Computerworld (in Engels). International Data Group. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2014. Besoek op 5 Desember 2014.
- ↑ "Licenses". Android Open Source Project. (in Engels). Open Handset Alliance. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2015. Besoek op 5 Desember 2014.
- ↑ "Open Handset Alliance" (in Engels). Open Handset Alliance. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op 6 November 2007.
- ↑ Jackson, Rob (10 Desember 2008). "Sony Ericsson, HTC Androids Set For Summer 2009". Android Phone Fans (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 3 September 2009.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wiki-webtuistes
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Android.
- Amptelike Android-webtuiste (bedryfstelsel & toestelle)