Tabletrekenaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tablet


’n Tabletrekenaar, of tablet, is ’n persoonlike draagbare eendelige (in een eenstuk) rekenaar. Toestelle het gewoonlik ’n raakskerm waarvan die primêre manier van beheer met vinger- of skryfstifgebare is. Dit word dikwels aangevul deur die gebruik van een of meer fisiese kontekssensitiewe knoppies of die invoer van een of meer versnellingsmeters; ’n virtuele sleutelbord (wat verskuil kan word) op die skerm word oor die algemeen aangebied as die vernaamste metode om data in te voer. Tablette is beskikbaar in verskillende groottes maar bied gewoonlik ’n skerm van groter as 18 cm (oorhoeks gemeet) aan. Die grootte onderskei dus die tablette van slimfone of persoonlike digitale assistente wat funksioneel soortgelyk is.[1][2][3]

'n Skolier werk op 'n tabletrekenaar.

’n Tabletrekenaar is groter as ’n selfoon, maar kleiner as ’n persoonlike rekenaar. Die hoofdoel van ’n tabletrekenaar is om boeke te lees, speletjies te speel, die Internet te deurkruis, of om video’s en musiek te speel. Van die bekende vervaardigers van tabletrekenaars is Samsung met hulle Galaxy tab en Apple Inc. met hulle iPad. Meeste tabletrekenaars gebruik Google Android as bedryfstelsel, maar sommige gebruik ook weergawes van Windows of Ubuntu.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Redakteurs van PC Magazine. "Definisie van: tabletrekenaar". PC Magazine. Verkry op 17 April 2010. 
  2. (en) Dictionary.com. "Tabletrekenaar – 1 woordeboekresultaat". Dictionary.com. Verkry op 17 April 2010. 
  3. (en) Ogg, Erica (28 Mei 2010). "Wat maak 'n tablet 'n tablet? (gereelde vrae)". CNET.com. Verkry op 23 Maart 2013.