Antonof An-12

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Antonof An-12
Antonov An-12BK, Russia - Air Force AN1879625.jpg
'n An-12 van die Russiese Lugmag
Tipe Vragvliegtuig
Vervaardiger Antonof
Ontwerp deur Antonof
Nooiensvlug 16 Desember 1957[1]
Bekendstelling 1959
Status In gebruik
Hoofgebruikers Sowjet Lugmag
Aeroflot
PLA Lugmag
Vervaardig 1957–1973
Aantal gebou 1,248
Ontwikkel van Antonof An-10

Die Antonof An-12 (Russies: Антонов Ан-12; NAVO verslag naam: Cub) is 'n viermotorige turboskroef aangedrewe vragvliegtuig wat in die Sowjetunie ontwerp is. Dit is 'n militêre weergawe van die Antonof An-10 en daar is verskeie variante. Die An-12 was vir meer as drie dekades die standaard mediumafstand vrag en valskermsoldaatvervoervliegtuig van die Sowjet Lugmag. Daar is in totaal 1 234 van die vliegtuie gebou.[2]

Kapasiteit[wysig | wysig bron]

Antonof An-12BP by die China Lugvaartmuseum, Beijing

In militêre gebruik het die An-12 'n kapasiteit vir tot 100 ten volle toegeruste valskermsoldate of 20 000 kg vrag wat deur die agterste laaioprit/ deur gelaai word. Wat die opset, grootte en vermoë betref, is die vliegtuig soortgelyk aan die Amerikaansvervaardigde Lockheed C-130 Hercules.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Antonov official website" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2018. Besoek op 15 Augustus 2009.
  2. Allport, Dave (April 1996). "Military Transport Aircraft Directory (Part 2)". Air International. Vol. 50 no. 4. p. 237.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]