Ariq Böke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ariq Böke
Ariq Böke.jpg
Dinastie Bordjigin
Bewind 11 Augustus 1259 –
21 Augustus 1264
Gebore c. 1219
Gesterf 1266
Voorganger Möngke Khan
Opvolger Koeblai Khan
Vader Toloei Khan
Moeder Sorghaghtani Beki

Ariq Böke (Mongools: Аригбөх; omstreeks 1219–1266), soms ook Arig of Boeka gespel, was die sewende en jongste seun van Toloei Khan, ’n seun van Djengis Khan.

Verkiesing[wysig | wysig bron]

Ná die dood van sy broer Groot Khan Möngke het Ariq Böke vir ’n kort tyd die bewind oorgeneem in sy ouer broers Koeblai en Hülegü se afwesigheid. Toe Koeblai in 1260 terugkeer vir ’n verkiesing, kon strydende faksies nie ooreenstem oor wie die volgende Groot Khan moes wees nie en Koeblai en Ariq Böke is op twee verskillende koeroeltais verkies. Dit het gelei tot ’n verdeling van die Mongoolse Ryk en ’n oorlog tussen die twee broers. Ariq Böke is deur die tradisionaliste in die ryk gesteun en Koeblai deur die senior prinse van Noord-Sjina en Mantsjoerye.

Oorgawe[wysig | wysig bron]

Namate die oorlog tussen Koeblai en Ariq Böke gevorder het, het laasgenoemde se magte verswak. Koeblai het ’n sterk mag van Alans, Turke en Sjinese gehad. Sy ondersteuner Kadan, ’n seun van Ögedei Khan, het Ariq Böke se leër eindelik verslaan en Ariq Böke het twee keer beheer oor die hoofstad, Karakoroem, verloor. Koeblai het ook alle handel van Noord-Sjina af geblokkeer om so kosvoorrade af te sny. Ariq Böke het op 21 Augustus 1264 aan Koeblai oorgegee.

Verwysings[wysig | wysig bron]