Avia B-534
Avia B-534 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Avia |
Ontwerp deur | František Novotný |
Nooiensvlug | 25 Mei 1933 |
Status | Onttrek |
Aantal gebou | 568 |
Die Avia B-534 is 'n Tsjeggo-Slowakiese dubbeldekker vegvliegtuig wat in Augustus 1933 sy nooiensvlug voltooi het en 'n gevorderde vliegtuig vir sy tyd was. Dit was goed bewapen, met uitstekende hanteerbaarheid en 'n hoë topsnelheid.
Konstruksie
[wysig | wysig bron]Die vlerke was van staal gemaak wat met materiaal bedek is en die romp uit staalbuise en kliknaels wat met metaalplate of materiaal bedek is. In April 1934 het die vliegtuig die Tseggiese nasionale spoedrekord verbeter tot 365,74 km/h. Die voorste Tseggiese eenhede was met ongeveer 300 van die vliegtuie toegerus wat tydens die Munchenkrisis van September 1938 diens gedoen het. Na die Duitse besetting van Tsjeggo-Slowakye het Slawiese Lugmageenhede teen die Rooi Leër geveg. Die Luftwaffe het ook in 1939 die vliegtuie ondersoek en vir 'n kort tydperk gebruik.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Hispano-Suiza HS 12Ydrs inlynmotor |
Kraglewering per motor | 850 perdekrag |
Vlerkspan | 9,4 m |
Lengte | 8,2 m |
Hoogte | 3,1 m |
Vlerkoppervlakte | 23,56 m2 |
Maksimum opstygmassa | 2 120 kg |
Maksimum snelheid | 394 km/h |
Operasionele hoogte | 10 600 m |
Togafstand | 580 km |
Klimvermoë | 900 m per minuut |
Bewapening | Vier gesinchroniseerde 7,7 mm masjiengewere en rakke vir ses 20 kg bomme |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9