Bahrein Wêreldhandelsentrum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek


Die Bahrein Wêreldhandelsentrum is 'n 240 meter hoë dubbeltoring kompleks geleë in Manama, Bahrein. Die torings is gebou in 2008 deur die multinasionale argitekfirma, Atkins. Dit is die eerste wolkekrabber in die wêreld waar windturbienes by die ontwerp ingesluit is.

Hierdie vyftig verdieping gebou is naby die Koning Faisal Snelweg gebou en naby ander landmerke soos die torings van Bahrein Finansiële sentrum, die Nasionale Bank van Bahrein, Die Abraj Al Lulu en die skouspelagtige Pearl Roundabout. Dit is tans die tweede hoogste gebou in Bahrein. Die projek het verskeie toekennings ontvang vir volhoubare bouwerk.