Behati Prinsloo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Behati Prinsloo

Behati Prinsloo (gebore 16 Mei 1988 in Grootfontein, Namibië) is 'n Namibiese foto- en loopplankmodel. Sy is veral bekend vir haar werk as model vir Victoria's Secret se subhandelsmerk Pink.

Biografie[wysig | wysig bron]

Sy is op die ouderdom 16 deur 'n fotograaf in 'n supermark in Kaapstad ontdek. Die fotograaf stel aan haar voor om die Storm-modelbestuuragentskap te besoek. 'n Week later het sy die agentskap besoek en foto's is van haar geneem. Sarah Doukas het haar later na Londen geneem vir modelwerk.

Die foto's van haar word gepubliseer op die voorblad van Italië se Muse tydskrif en die Britse Telegraph Magazine. Sy was meer onlangs op die voorblad van die Russiese Vogue in Februarie 2007, en die American Velvet tydskrif in Junie 2007. Sy word as model gebruik in advertensieveldtogte deur Adore, Aquascutum, Chanel, H&M, Hugo Boss, Kurt Geiger, Marc by Marc Jacobs, Max Studio, en Nina Ricci. Sy het deelgeneem aan modevertonings vir Prada, Paul Smith, Vera Wang, Marc Jacobs, Proenza Schouler, Versace, Chanel, Missoni en DKNY.

Behati Prinsloo is aangewys as 31ste op die Top 50 Models Women-ranglys en 14de op The Top Sexiest Models-ranglys deur models.com.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. models.com Top 50 models women 21 Julie 2008.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]