Bespreking:Rooms-Katolieke Kerk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Ek het baie duidelike bronne gegee wat aandui dat die Rooms-Katolieke Kerk definitief en sonder enige twyfel die grootste is. Ek beskou die herhaalde terugkeer van hierdie artikel na "gee voor om die grootste en enigste ware kerk op aarde te wees" as vandalisme. As die bronne onder verdenking is, bespreek dit hier. Die formaat van die artikel word vernietig in iets wat lyk soos propaganda van een of ander aard. Sulke propaganda is nie welkom hier nie. Sien Wikipedia:Neutrale standpunt. --Alias 05:51, 9 Maart 2006 (UTC)

En nou, 'n jaar later, glo ek hulle is steeds die grootste. Nie net in volgens hulle self nie, maar volgens eenvoudige wiskunde (tel die lede). Ek het dus die wysiging teruggerol. --Alias 22:53, 4 Mei 2007 (UTC)