Blindheid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Blindheid is 'n volledige of bykans volledige visieverlies.[1] Verswakte sig is 'n verminderde vermoë om te kan sien in 'n mate wat probleme veroorsaak wat nie op normale wyse herstelbaar kan word nie, soos met 'n bril.[2][3] Sommige definisies sluit ook diegene in wat 'n verminderde sienvermoë het omdat hulle nie toegang het tot 'n bril of kontaklense nie.[2] Verswakte sig word dikwels gedefinieer as 'n beste reggestel visuele-skerpte van erger as 20/40 of 20/60.[1] Verswakte sig kan probleme veroorsaak met normale daaglikse aktiwiteite soos lees en loop sonder aanpasbare opleiding en toerusting.[3]

Die algemeenste oorsake van verswakte sig wêreldwyd is ongekorrigeerde ametropie (43%), katarakte (33%), en gloukoom (2%).[4] Ametropie sluit in miopie, versiendheid, presbyopia, en astigmatisme.[4] Katarakte is die mees algemene oorsaak van blindheid.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Maberley DA, Hollands H, Chuo J, Tam G, Konkal J, Roesch M, et al. (March 2006). "The prevalence of low vision and blindness in Canada". Eye. 20 (3): 341–6. doi:10.1038/sj.eye.6701879. PMID 15905873.
  2. 2,0 2,1 "Change the Definition of Blindness" (PDF). World Health Organization. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 14 July 2015. Besoek op 23 May 2015.
  3. 3,0 3,1 "Blindness and Vision Impairment". February 8, 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2015. Besoek op 23 May 2015.
  4. 4,0 4,1 4,2 "Visual impairment and blindness Fact Sheet N°282". August 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 May 2015. Besoek op 23 May 2015.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]