Blyderivierspoortdam
Blyderivierspoortdam | |
---|---|
Die damwal
| |
Ligging | Blyderivierspoort |
Provinsie/Land | Mpumalanga, Suid-Afrika |
Koördinate | 24°32′15″S 30°47′20″O / 24.53750°S 30.78889°O |
Dam in | Blyderivier |
Doel | Besproeiing en nywerheid |
Openingsdatum | 1974 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Boog-gravitasiedam |
Hoogte van wal | 72 m |
Lengte van wal | 240 m |
Bakmaat | 54,4 miljoen m3 |
Damoppervlak | 240 ha |
Die Blyderivierspoortdam is 'n dam in die Blyderivier (Motlatse) in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dam is in 1974 voltooi. Dit het 'n bakmaat van 54 miljoen m3 agter 'n wal wat 72 m hoog is. Die dam is in 'n natuurreservaat van 227 km2 geleë.[1][2]
Die dam se hoofdoel is om stabiele watervloei vir die besproeiing van die distrik se boorde en landerye te voorsien. Dit verskaf ook bykomende water vir mynbou en nywerheid aan Phalaborwa.
In 1965 is die gemeenskap wat op die terrein van die voorgestelde dam gewoon het (met vergoeding) hervestig. Die regering het hulle na nabygeleë dorpe, insluitend Buffelshoek, Acornhoek, Beverleyshoek en Bosbokrand, verskuif. Van die oorspronklike klip-ommuurde nedersettings, kulturele voorwerpe en grafte is tans onder water.[3]
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Blyderivierspoort-natuurreservaat
- Blyderivierspoort
- Blyderivier
- Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Rowe, Christine. "Heritage management of archaeological, historical and industrial resources on the Blyde River Canyon Nature Reserve" (PDF). repository.up.ac.za. Universiteit van Pretoria. Besoek op 30 April 2021.