Bob Borowsky

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bob Borowsky
Gebore1929
Beroep(e)Apteker, sanger
InstrumenteStem
AssosiasiesDoris Brasch
Leonore Veenemans

Bob Borowsky (1929-) is ’n Suid-Afrikaanse bariton en apteker. Hy het in altesaam 650 opera-, operette- en oratoriumuitvoerings in Suid-Afrika opgetree. Hy het hom veral in operas van Puccini, Verdi en Donizetti vir die eertydse Truk in Pretoria onderskei. Borowsky het talle ligtemusiekkonserte met die sopraan Doris Brasch (1929–2012) aangebied en groot kommersiële sukses daarmee behaal. Hy het ook saam met Leonore Veenemans (1935–1973) opgetree.

Ná matrikulasie doen hy aansoek om by die Johannesburgse Filharmoniese Vereniging aan te sluit. Hy sing in 1948 en 1949 in die koor terwyl hy deeltyds aptekerswese studeer. Aan die einde van 1951, nadat hy as 'n apteker gekwalifiseer het, begin hy met sanglesse by Bruce Anderson (1905–1979). Hy besoek Rome vir twee en 'n half jaar en keer in September 1956 na Suid-Afrika terug.[1]

In 1990 emigreer hy na Australië, waar hy tot 2009 nog professioneel gesing het.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Who's Who South Africa, besoek op 28 Februarie 2017
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]