Boesmanspruit (Watervalrivier, Mpumalanga)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Boesmanspruit is 'n spruit wat suid van Secunda in Mpumalanga, Suid-Afrika ontspring. Dit vloei in 'n suidwestelike rigting tot dit by die Watervalrivier aansluit.

Die Watervalrivier sluit by die Vaalrivier en daarna by die Oranjerivier aan, waarna die water in die Atlantiese Oseaan invloei.

Koördinate: 26°37′50″S 29°14′00″O / 26.63056°S 29.23333°O / -26.63056; 29.23333