Boris Assafiev

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Boris Vladimirovich Assafiev
GeboortenaamBoris
Geboorte17 Julie 1884
Afsterwe27 Januarie 1949
Beroep(e)Komponis
Genre(s)Klassiek
Portal.svg Musiekportaal

Boris Vladimirovich Assafiev, Die Mense se Kunstenaar van die USSR, (Russies: Бори́с Влади́мирович Аса́фьев; [O.S.D.: 17 Julie] 29 Julie 1884 - 27 Januarie 1949) was 'n Russiese en Sowjet komponis, skrywer, musikoloog, musiekkritikus en een van die stigters van Sowjet Musikologie.

Sergei Prokofiëf se eerste simfonie is aan hom opgedra.

Hy was in Sint Petersburg gebore.[1]Assafiev het 'n beduidende invloed op Sowjet musiek gehad. Sy komposisies sluit ballet, operas, simfonieë, concertos en kamermusiek in. Sy ballette sluit Die Vlamme van Parys, gebaseer op die Franse Rewolusie, en Die Fontein van Bakhchisarai, wat eerste opgevoer was in 1934, en wat opgevoer was in die Marinski Teater in St. Petersburg in 2006, in.

Sy skrywes, onder die naam Igor Glebov, sluit Die Boek oor Stravinski en Glinka (waarvoor die Stalinprys in 1948 aan hom toegeken is) in.

Geselekteerde werke[wysig | wysig bron]

Gedenkplaat in Truda-plein, Sint Petersburg, gewy aan Assafiev.
Opera
  • Die Kassier se Vrou
  • Minin en Pozharsky
  • Die Meisie sonder 'n Bruidskat
Ballette
Orkes
  • 5 Simfonieë
  • Concerto vir klarinet en orkes (1939)
  • Concerto vir kitaar en kamerorkes (1939)
  • Concerto vir klavier en orkes (1939)
Kamermusiek
  • Strykkwartet (1940)
  • Sonata vir solo altviool (1938)
  • Sonata vir Tjello en klavier (1935)
  • Sonata vir Trompet en klavier (1939)
  • Sonatina vir Hobo en klavier (1939)
  • Variasies vir horing en klavier (1940)

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "BORIS VLADIMIROVICH ASAFIEV". Naxos. Besoek op 23 Augustus 2015.

Verdere leeswerk[wysig | wysig bron]

  • Viljanen, Elina (2017). The Problem of the Modern and Tradition: Early Soviet Musical Culture and the Musicological Theory of Boris Asafiev (1884–1949) (Ph.D. thesis. University of Helsinki). Acta Semiotica Fennica. Approaches to Musical Semiotics, 23. Helsinki: Suomen Semiotiikan Seura. ISBN 978-952-68257-7-9. ISSN 1235-497X. Lay summary.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]