Brosdoring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Brosdoring
Phaeoptilum spinosum00a, crop.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. spinosum
Binomiale naam
Phaeoptilum spinosum
Phaeoptilum spinosum, verspreiding, a.png
verspreiding[1][2][3]
Sinonieme

Amphoranthus spinosus (Radlk.) S.Moore
Phaeoptilum heimerli Engl.

Die brosdoring (P. spinosum), van die monotipiese genus Phaeoptilum, is 'n struik wat inheems is aan die dorre binnelandse streke van suider-Afrika. Dit is ook die enigste verteenwoordiger van die tribus Bougainvilleeae,[4] en is benewens die enigste spesie van die familie wat inheems is aan suider-Afrika. Slegs 'n studie van die reproduktiewe kenmerke verraai die familie, waarvan dit 'n buitengewone lid is.[4]

Dit word aangetref vanaf die Kunenestreek via sentraal-Namibië suidwaarts tot in die Noord-Kaap en wes-Vrystaat, en is lokaal aanwesig in Botswana en Limpopo. Dit is 'n waardevolle droogtebestande weidingsplant, wat deur boerbokke en koedoes benut word.

Die struik is meestal klein, maar kan by uitsondering drie meter hoog word. Dit het 'n houtagtige stam waaruit etlike dun en hangende takke in 'n radiale formasie groei. Die takke eindig in pendorings, wat ook al langs die takke aangetref word. Bondels linêere blare groei uit kort stompies op die takke.

Die bos dra bleekgeel tot groen-gelerige bloeisels in die lente, waarna die rooi, rosige of pers samaravrugte in Oktober te voorskyn kom.[5] Die vrugte word maklik met dié van 'n Combretum-spesie verwar, maar is egter antokarpe, d.w.s. 'n soort byvrug. Die brosdoring se byvrug is 'n dopvrug wat grootliks deur die laer dele van die periant, oftewel die nie-reproduktiewe dele van die blom, omsluit word.

Die benaming klaasasgat vir hierdie spesie is na bewering daaraan te danke dat die hout wat goed brand, slegs as nalaat.[6]

Galery[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Foden, W. & Potter, L. 2005. Phaeoptilum spinosum Radlk. National Assessment: Red List of South African Plants version 2017.1. Accessed on 2019/09/17
  2. Phaeoptilum spinosum, Jan 2015, M. Struwig, Stefan Siebert, Louis Zietsman, Gill Condy
  3. Nyctaginaceae: A taxonomic treatment for the Flora of Namibia, M. Struwig, Esmerialda Suzetta Klaassen, Ezekeil G. Kwembeya
  4. 4,0 4,1 (2015) “Phaeoptilum spinosum, Nyctaginaceae (Southern Africa)”. Flowering Plants of Africa (64): 84-89.
  5. Rothauge, Axel (25 Februarie 2014). "Staying afloat during a drought". The Namibian.
  6. WAT, 1976: 13