Capitec Bank

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Capitec Bank
Tipe Openbare maatskappy
Gestig 2001
Hoofkantoor StellenboschSuid-Afrika
SleutelpersoneGerrie Fourie (hoof uitvoerende beampte)
IndustrieFinansiële dienste
ProdukteLenings, kontrole, spaar, beleggings, debietkaarte
Werknemers10 261+ (2015)
Webwerfcapitecbank.co.za

Capitec Bank is 'n Suid-Afrikaanse handelsbank.[1] Dit is een van die plaaslikbeheerde banke wat deur die Reserwebank, wat Suid-Afrikaanse banke reguleer, gelisensieer is.[2]

Oorsig[wysig | wysig bron]

Capitec word as 'n kleinhandelsbank bedryf. Hulle bedien individuele kliënte en besighede, maar bied nie besigheidsbankdienste vir beslote korporasies, maatskappye, vennootskappe of trusts nie. Volgens hulle lektuur poog hulle om die bankervaring sover moontlik te vereenvoudig.[3] Die bank se hooffinansiëlebeampte het in 2015 berig dat hulle 668 handelstakke landwyd bedryf, oor 3 418 OTM's beskik (hulle eie en deur vennootskappe), en meer as 6,2 miljoen kliënte het.[3] Van hierdie kliënte is 309 000 aanlynbankkliënte en 3,5 miljoen is mobielebankkliënte.

Die bank bied 'n Global One-rekening, wat transaksie-, spaar- en kredietfasiliteite in 'n enkele produk aan kliënte bied. Hulle verskaf egter nie kredietkaarte nie.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Korporatiewe profiel op Google Finance. URL besoek op 15 Junie 2015.
  2. Lys van finansiële instellings in Suid-Afrika. URL besoek op 15 Junie 2015.
  3. 3,0 3,1 Finansiële verslag van 2015. URL besoek op 15 Junie 2015.
  4. Global One-rekening. URL besoek op 15 Junie 2015.