Karl Benz

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Carl Benz)
Jump to navigation Jump to search
Karl Benz
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Karl Friedrich Benz

Geboortenaam Karl Friedrich Michael Vaillant
Gebore 25 November 1844
Karlsruhe
Oorlede 4 April 1929
Ladenburg
Nasionaliteit Duitsland
Ouers Johann George Benz (vader)
Josephine Vaillant (moeder)
Beroep Uitvinder, tegnikus
Bekend vir Ontwikkel petrolaangedrewe motor
Huweliksmaat Bertha Benz
Kind(ers) 5, Eugen, Richard, Clara, Ellen, Thilde
Handtekening Carl Benz signature.png

Karl Friedrich Benz, gebore as Karl Friedrich Michael Vaillant (Karlsruhe, 25 November 1844Ladenburg, 4 April 1929) was 'n Duits uitvinder, ingenieur en tegnikus. Hy het die eerste petrolaangedrewe motor in 1885 gebou. Sy fabriek het later met dié van Gottlieb Daimler saamgesmelt, wat tot die totstandkoming van die Mercedes-Benz-motormaatskappy gelei het.[1]

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Benz stig die maatskappy Benz & Co. in 1883 in Mannheim om industriële masjiene te vervaardig. Hy het verskeie tweeslagenjins by die maatskappy ontwikkel. Hy het ook aan 'n motorwa met 'n vierslagmotor gewerk. Die motorwa het 'n waterverkoelde enjin op 'n driewielbasis met één silinder gehad. Die motor ry vir die eerste keer in 1885. Op 29 Januarie 1886 doen Benz aansoek om 'n patent vir die eerste suksesvolle petrolaangedrewe motor. Op 3 Julie 1886 onderneem hy 'n proefrit met sy eerste motor deur Mannheim.

Benz se eerste driewiel-motorwa

Sy vrou, Bertha Benz sou in 1888 die eerste langafstandrit met 'n motor onderneem, toe sy van Mannheim na Pforzheim bestuur het.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]