Carl Jakob Sundevall

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Carl Jakob Sundevall
Carl Jakob Sundevall 1801-1875.jpg
Gebore 22 Oktober 1801
Högestad
Oorlede 2 Februarie 1875 (op 73)
Vakgebied Dierkunde

Carl Jakob Sundevall (22 Oktober 1801, Högestad – 2 Februarie 1875) was 'n Sweedse dierkundige. Hy studeer aan Universiteit van Lund waar hy sy Ph.D verwerf in 1823. Hy reis na die Verre Ooste, studeer dan in medisyne en gradueer as 'n Dokter in Medisyne in 1830.

Van 1833 werk by die Swedish Museum of Natural History, Stockholm en was professor van die vertebrate afdeling van 1839 tot 1871. Hy skryf Svenska Foglarna (1856–87) wat 238 spesie voëls van Swede beskryf. Hy klassifiseer 'n klompie voëls wat Johan August Wahlberg in Suidelike Afrika versamel het. In 1835 ontwikkel hy 'n filogenie vir voëls gebaseer op die spiere van die heupe en bene van hulle. Dit dien as basis vir die latere werk van Thomas Huxley. Hy daarna'n studie gedoen van die senings in voëls se pote. Dit word nog steeds gebruik deur voël taksonome. Sundevall was ook 'n entemoloog en arachnologist. In 1862 skryf hy 'n monograaf oor 'n universele fonetiese alfabet, Om phonetiska bokstäver.

Hy is vereer met vier reptiele wat na hom vernoem is: Elapsoidea sundevalli, Leptotyphlops sundewalli, Mochlus sundevalli en Prosymna sundevallii.[1]

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Anonymous (1875). [Sundevall, C. J.] Journ. Ornith. 23: 214-215.
  • Anonymous (1875). [Sundevall, C. J.] J. Zool. 4: 61.
  • Areschoug, J. E. (1879). Minnesteckning öfver C. J. Sundevall. Stockholm.
  • Bonnet, P. (1945). Bibliographia Araneorum. Toulouse.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Beolens, Bo; Watkins, Michael; Grayson, Michael (2011). The Eponym Dictionary of Reptiles. Baltimore: Johns Hopkins University Press. xiii + 296 pp. ISBN 978-1-4214-0135-5. ("Sundevall", p. 258).
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.