Chang'e 4

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Chang'e 4-landingstuig en Yutu-2-maankarretjie.
Die kant van die Maan wat altyd weg van die Aarde af wys vanweë sy sinchroniese rotasie.
Die landingsterrein is ’n gladde vlakte in die krater Von Kármán aan die agterkant van die Maan. Die koördinate is 45.47084 S, 177.60563 O.[1]

Chang'e 4 (Chinees: 嫦娥四号; Cháng'é sìhào) is ’n Chinese maanverkenningsending wat op 3 Januarie 2019 die eerste sagte landing op die agterkant van die Maan uitgevoer het.[2]

Die robotlandingstuig en die Yutu-2-maankarretjie[1] is op 7 Desember 2018 gelanseer en het op 12 Desember in ’n wentelbaan om die Maan gegaan. Die landingstuig het op 3 Januarie 2019 ’n sagte landing op die agterkant van die Maan uitgevoer.[3]

Die sending volg op Chang'e 3, China se eerste landing op die Maan. Die tuig is aanvanklik as ’n ondersteuningstelsel vir Chang'e 3 gebou en het beskikbaar geraak nadat Chang'e 3 in 2013 suksesvol geland het. Chang'e 4 se konfigurasie is aangepas vir die nuwe wetenskaplike doelwitte. Nes sy voorgangers is die sending genoem na die Chinese maangodin, Chang'e.

Landingsterrein[wysig | wysig bron]

Die landingsterrein is ’n gladde vlakte in die krater Von Kármán.[4] Dit het ’n deursnee van 180 km en lê in ’n deel aan die agterkant van die Maan wat nog onverken is.[5][6]

Die landingstuig het op 3 Januarie 2019 geland en is die eerste ruimtetuig wat aan die agterkant van die Maan land.[7] Die Yutu-2-maankarretjie is later die dag ontplooi.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 This map shows exactly where China landed its Chang'e-4 spacecraft on the far side of the moon. Dave Mosherand and Shayanne Gal, Business Insider. 3 Januarie 2019.
  2. Lyons, Kate. "Chang'e 4 landing: China probe makes historic touchdown on far side of the moon" (in Engels). The Guardian. Besoek op 3 January 2019. 
  3. "China successfully lands Chang'e-4 on far side of Moon". 
  4. China's Journey to the Lunar Far Side: A Missed Opportunity? Paul D. Spudis, Air & Space Smithsonian. 14 Junie 2017.
  5. (2017) “An overview of the mission and technical characteristics of Change'4 Lunar Probe”. Science China Technological Sciences 60 (5): 658. doi:10.1007/s11431-016-9034-6.
  6. "China Plans First Ever Landing On The Lunar Far Side". Space Daily. 22 May 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2015. Besoek op 26 Mei 2015. 
  7. "Chang'e 4: China probe lands on far side of the moon". The Guardian. 3 Januarie 2019. Besoek op 3 Januarie 2019. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]