Chanté Hinds
Voorkoms
Chanté Hinds | |
Geboorte | 2 Augustus 1968 Kaapstad |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Chanté Hinds is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Hinds is op 2 Augustus 1968 in Kaapstad gebore, maar word in Johannesburg groot. Sy matrikuleer by die Hoërskool Kemptonpark en verwerf daarna 'n B.A.-graad in Drama en Engels aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O..
Hinds trou aanvanklik met Evan Schoombie en daarna met Christian Zimelka. In 2007 tree sy vir 'n derde keer in die huwelik met 'n wolboer, Jan Möller. Die egpaar se oudste kind, die 18 maande oue seuntjie Jan Daniël Möller verdrink in 2009 in 'n plaasdam, net minder as twee jaar nadat haar broer in die see verdrink het.[1]
Filmografie
[wysig | wysig bron]- Stilte, 2012 as Tannie Dorrette
- Jakhalsdans, 2010 as Bokkie de Wet
- Begeertes (TV-reeks), 2007 as Barbara
- Goeiemôre Suid-Afrika
- Orkney Snork Nie (Die Moewie) 1992
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ TV-ster se baba verdrink in dam[dooie skakel], Beeld, 15 Mei 2009