Chris Hani Baragwanath-hospitaal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ingang tot die Chris Hani Baragwanath-hospitaal

Die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is ’n hospitaal geleë in Soweto, suide van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is die grootste hospitaal ter wêreld[1] op ’n oppervlakte van 0,7 km² en met 3 200 beddens en 6 760 personeellede. Dit is een van die veertig Gautengse provinsiale hospitale en word deur die Gautengse Provinsiale Gesondheidsdepartement gefinansier.

Die hospitaal is in 1941 deur Eerste minister Jan Smuts as die Royal Imperial Hospital, Baragwanath geopen en het as militêre hospitaal vir die Imperiale Britse Magte gedien wat in die Midde-Ooste geveg het. Die hospitaal het vanaf 1948 as die Baragwanath-hospitaal bekend gestaan, vernoem na John Baragwanath, 'n Corniese immigrant wat die grond besit het waarop die hospitaal vandag staan.[2] Die naam Chris Hani is in 1997 by die hospitaal se naam gevoeg om die vermoorde ANC- en SAKP-lid te herdenk.

Meer as tweeduisend pasiënte meld daagliks by die hospitaal aan, en bykans die helfte van hulle is MIV-positief.[1]

Bronne en verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Radiodiaries se inskrywing oor "Just Another Day at the World’s Biggest Hospital"
  2. Adri Pillans: Hospitalisasie, gesofistikeerde diens. In: Suid-Afrikaanse Panorama, volume 33, nommer 7, Julie 1988, bl. 37

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]