David Millin
Voorkoms
David Millin | |
Alias | Dave Millin |
---|---|
Geboorte | 11 Junie 1920 Kaapstad |
Sterfte | 26 Mei 1999 Johannesburg |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Regisseur, kinematograaf, vervaardiger |
Toekennings | Lewenslange bydrae |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
David Millin (1920–1999) was 'n Suid-Afrikaanse regisseur, kinematograaf en vervaardiger. Hy het verskeie Afrikaanse en Engelse rolprente oor sy loopbaan vervaardig. Hy was sedert 1972 'n lid van die Amerikaanse vereniging van kinematograwe, die eerste lid van Afrika wat aan die organisasie behoort het. In 1994 word hy deur M-Net vereer vir sy lewenslange bydrae tot die bedryf en in 1997 word hy ook deur SASC/Kodak vir sy bydrae vereer. Hy was bekend vir sy skouspelagtige uitbeeldings, groot (maar akkurate) oorlogstonele en sy droë sin vir humor.[1]
Filmografie
[wysig | wysig bron]As regisseur:
- Suster Teresa, 1974
- Die Voortrekkers, 1973
- Met Moed, Durf en Bloed, 1973
- Die Banneling, 1971
- Shangani Patrol, 1970
- Banana Beach, 1970
- Petticoat Safari, 1969
- Majuba: Heuwel van Duiwe, 1968
- The Second Sin, 1966
- African Gold, 1965
- Seven Against the Sun, 1964
- Stropers van die Laeveld, 1962
- Donker Afrika, 1957
- Last of the Few (jaar onbekend)
As kinematograaf:
- Killer Force, 1976
- Die Banneling, 1971
- The Jackals, 1967
- The Cape Town Affair, 1967
- Diamond Safari, 1958
- Donker Afrika, 1957
- 'n Plan is 'n Boerdery, 1954
- Inspan, 1953
- Hans-die-Skipper, 1952
- Last of the Few
As vervaardiger:
- Die Voortrekkers, 1973
- Met Moed, Durf en Bloed, 1973
- Shangani Patrol, 1970
- Banana Beach, 1970
- Seven Against the Sun, 1964
- Last of the Few
As draaiboekskrywer:
- Met Moed, Durf en Bloed, 1973
- African Gold, 1965
- Seven Against the Sun, 1964
- Last of the Few
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ SA rolprentpionier David Millin (78) in Jhb dood[dooie skakel], Beeld, 28 Mei 1999